Internasionale gemeenskap moet ingryp in Wesoewer

Loading player...
Regerings reg oor die wêreld moet meer druk op Israel plaas om op te hou om internasionale reg te ontduik en te verseker dat Palestyne die reg het om met waardigheid te leef. Dit kom na aanvalle en teistering in die besette Wesoewer deur beide die Israelse weermag en setlaars in die afgelope tyd toeneem. Aseel Baidoun, verteenwoordiger van Mediese Hulp vir Palestyne, het met Sky News gepraat.
28 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke moet verbeter, sê Rassie

Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle moet verbeter voor volgende naweek se kragmetings met Frankryk en daarna Ierland, al het hulle Italië 66-7 verneder in die eerste ronde van die Nasieskampioenskap se noordelike reeks. Suid-Afrika was rustyd 45-0 voor na ses drieë, maar het in die tweede helfte rustiger…
9 Nov 7AM 1 min

Hospitale kan nie oornag verrys: Luvindao

Gesondheidminister Esperance Luvindao sê die regering is bewus van die publiek se oproepe vir meer hospitale, maar sê dat sulke groot projekte nie oornag verwesenlik kan word nie. Sy sê die ministerie hoor die publiek se kommer en werk daaraan om gesondheidsdienste te verbeter terwyl planne vir nuwe hospitale voortgaan…
9 Nov 7AM 1 min

Stilstaande hoëdrukstelsel dryf Namibië se hittegolf aan

Weerkenner George van der Merwe skryf Namibië se onlangse hittegolf van 35 grade Celsius tot 42 grade Celsius toe aan 'n stilstaande hoëdrukstelsel in die boonste lug oor die streek, wat warm lug afwaarts saampers en wolkbedekking blokkeer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
9 Nov 5AM 1 min

IAEA identifiseer ernstige leemtes by Wings-uraanprojek

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ernstige leemtes in die omgewingsbeoordeling van Namibië se voorgestelde Wings-uraanprojek in die Omahekestreek geïdentifiseer. Die agentskap se tegniese beoordeling bevat 27 aanbevelings, met groot kommer oor grondwaterbeskerming, die beheer van mynchemikalieë en die herstel van waterbronne ná mynbedrywighede. Kosmos 94.1 se Fritz Platt doen verslag:
9 Nov 5AM 1 min

Versekeringskenners waarsku oor feestydrisiko's

Soos die feestyd nader kom, waarsku versekeringskenners dat meer verkeer op die paaie, huise wat vir lang tye onbewoon gelaat word en duur aankope huishoudings aan groter finansiële risiko's kan blootstel. Old Mutual Korttermynversekering sê Desember is een van die tye van die jaar wanneer ongelukke, inbrake en weersverwante skade…
9 Nov 4AM 1 min