
Bokke moet verbeter, sê Rassie
Loading player...
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle moet verbeter voor volgende naweek se kragmetings met Frankryk en daarna Ierland, al het hulle Italië 66-7 verneder in die eerste ronde van die Nasieskampioenskap se noordelike reeks. Suid-Afrika was rustyd 45-0 voor na ses drieë, maar het in die tweede helfte rustiger gespeel. Erasmus sê dit was nie perfek nie, maar is tevrede met die dissipline nadat hulle min strafskoppe afgestaan en geen kaarte ontvang het nie:

