
VERSKILMAKERS: Make Pretoria Great Foundation
Loading player...
Ons almal wil in 'n skoner, veiliger en beter Pretoria woon, maar waar begin 'n mens? Die Make Pretoria Great (MPG) Foundation bring inwoners, besighede en die regering bymekaar om praktiese verandering in ons stad te bewerkstellig. Van die herstel van infrastruktuur tot die opknapping van openbare ruimtes – hulle glo dat elke inwoner 'n rol het om te speel. Anel du Preez en Merle van Staden van MPG sluit by ons aan.

