
Aktualiteit: Tshwane metro moet Varsproduktemark opknap
Loading player...
Die Tshwane-varsproduktemark is 'n belangrike skakel in Suid-Afrika se voedselvoorsieningsketting, maar jare van verval en gebrekkige instandhouding het groot kommer veroorsaak. Nou het 'n hofbevel die Tshwane-metro opdrag gegee om die mark op te knap en noodsaaklike verbeterings aan te bring. Gjalt Hoogiemstra van die Instituut vir Markagente van Suid-Afrika (IMASA) gesels met ons oor wat dié uitspraak beteken vir produsente, handelaars én verbruikers.

