
ABC van Ouerskap: J- Jol
Loading player...
In die ABC van Ouerskap is ons vandag by die letter J vir JOL! Wanneer ons aan speel dink, dink ons dikwels aan pret en tydverdryf. Maar vir kinders is speel eintlik ernstige werk – dit is hoe hulle leer, ontwikkel, probleme oplos en die wêreld ontdek. Om meer hieroor te gesels, sluit arbeidsterapeut, ma van vier en die bekende sosiale media-smaakmaker agter Notas van 'n Mamma, Renate Schoeman, by ons aan.


