Vreemdelinge op aarde

Loading player...
Op die 30ste Junie, het ons gesien hoe weke se opgeboude sosiale spanning ’n kookpunt bereik het met nasionale optogte teen ongedokumenteerde immigrante. Terwyl die politieke en sekuriteitsanaliseerders die gebeure vanuit ’n wetlike en ekonomiese lens ontleed, worstel ons met n ander realiteit. Volgens sensusdata identifiseer die oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulself as Christene. Ons is ’n samelewing wat grootgeword het met die Bybel op die bedkassie. Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom en Dr Andre van Niekerk het hierdie tema bespreek
4 Jul Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Dissipline op skool - is daar 'n krisis?

Dissipline in ons skole is ’n onderwerp waaroor daar sterk menings bestaan. Vir sommige mense het die pendulum te ver weggeswaai – onderwysers sukkel om gesag te handhaaf, klastyd gaan verlore en leerders wat graag wil leer, word deur ontwrigting benadeel. Vir ander is die antwoord nie om bloot strenger…
5 Sep 53 min

Is die Bybel nog relevant in ons tyd?

Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Verster, Prof Hennie Stander en Dr Andre van Niekerk, gesels vandag oor die tema: Is die Bybel nog relevant in ons tyd?
31 Aug 52 min

Kerkspieel 2026 - `n blik op die NGK

Die jongste Kerkspieël-navorsing oor die welstand van gemeentes in die NG Kerk skets ’n interessante prentjie. Daar is tekens van druk: gemeentes vergrys, baie word kleiner en ’n beduidende aantal beskik nie meer oor ’n voltydse predikant nie. Daar is ook ’n neiging om na binne te fokus. Maar dit…
22 Aug 54 min

Skoolsport in die branding

Jannie Pelser en gaste, Maretha Claasen en Stephan du Preez bespreek vandag die tema: Skoolsport in die branding. Skoolsport is veel meer as net die wen of verloor van ’n wedstryd. Vir duisende jongmense is dit ’n plek waar hulle leer om saam te werk, dissipline te beoefen, teleurstelling te…
15 Aug 55 min