
Snoete-goete: Be Wise Sterilise
Loading player...
Elke jaar beland duisende ongewenste honde en katte in dierewelsynsorganisasies, en baie kry ongelukkig nooit 'n permanente tuiste nie. Een van die doeltreffendste maniere om diereleed te voorkom en oorbevolking te beperk, is sterilisasie. Dit hou nie net voordele vir die dier se gesondheid in nie, maar dra ook by tot 'n beter lewe vir troeteldiere én die gemeenskap. Om meer hieroor te gesels, sluit Charlene Grover van BeWise Sterilise vandag by ons aan.

