
Aktualiteit: Pretoria se watergehalte onder die vergrootglas
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus waarsku oor die toestand van die Stad Tshwane se afvalwater-behandelingsaanlegte. Volgens die jongste kwartaallikse toesigverslag voldoen verskeie aanlegte aan minder as 'n derde van die vereiste standaarde – iets wat volgens die party ernstige gevolge vir die omgewing, openbare gesondheid en watergehalte inhou. Sarina gesels met Nick Pascoe van die Vryheidsfront Plus.

