ABC van Ouerskap: G - Geboorte

Loading player...
In ons reeks Die ABC van Ouerskap is ons vandag by die letter G vir Geboorte. Vir baie ouers is die geboorte van ’n baba een van die mees besondere, maar ook mees onbekende en soms oorweldigende ervarings van hul lewe. Hoe berei mens voor? Wat kan jy verwag? En hoe kan ’n mens met meer kennis en selfvertroue hierdie groot dag tegemoetgaan? Om ons te help, gesels ons met doula Anina Pretorius, wat ouers ondersteun en begelei tydens swangerskap, geboorte en die vroeë dae van ouerskap.
30 Jun 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Vrouemaand: kleur-en klerekasanalise

Vrouemaand herinner ons daaraan om die ongelooflike vroue in ons lewens te vier – maar ook om onsself nie af te skeep nie. Om goed te lyk gaan nie oor perfeksie nie; dit gaan dikwels daaroor om selfversekerd te voel en die beste weergawe van jouself te wees. Sarina gesels…
6 Aug 6AM 16 min

VERSKILMAKERS: Starfish Projects

Elke kind verdien die kans om veilig te voel, geliefd te wees en met hoop na die toekoms te kan uitsien. Ongelukkig is dit nie die werklikheid vir duisende kwesbare kinders in Suid-Afrika nie. Starfish Projects werk al vyf jaar lank daaraan om 'n verskil te maak deur kinders en…
6 Aug 4AM 14 min

ABC van Ouerskap: L - Lees

Om van kleins af saam met jou kind te lees, is een van die waardevolste geskenke wat jy kan gee. Dit bou nie net taal- en leervaardighede nie, maar versterk ook die band tussen ouer en kind. Hieroor gesels ons vandag met Hannekie Verwoerd. Hannekie Verwoerd, stigter van Luistervink Stories,…
5 Aug 7AM 10 min

Vrouemaand-inspirasie: Gerridene Berg

Vrouemaand gee ons die geleentheid om die ongelooflike vroue in ons lewens te vier, maar ook om vir 'n oomblik stil te staan by wat dit regtig beteken om vandag 'n vrou te wees. Die vreugdes, die uitdagings, die druk en die voorreg. Vandag kuier Gerridene Berg by ons en…
5 Aug 6AM 24 min

Aktualiteit: Gaan dit sneeu in Pretoria?

Gaan Gauteng volgende week onder 'n kombers sneeu wakker word? Dit is die vraag wat die afgelope paar dae op almal se lippe is nadat vroeë weermodelle sneeu oor byna die hele land voorspel het. Intussen het die voorspelling egter verander, en om vir ons te help verstaan hoe hierdie…
5 Aug 6AM 4 min