Mansgesondheidsmaand: wat is die gevaartekens van depressie en angs?

Loading player...
Junie is Mansgesondheidsmaand, en hoewel vroue meer dikwels met toestande soos depressie en angs gediagnoseer word, wys navorsing dat baie mans stilweg worstel en dikwels eers hulp soek wanneer hulle reeds in 'n krisis verkeer. Volgens kenners sal een uit elke vyf mans op een of ander stadium in sy lewe angs ervaar, terwyl een uit elke agt met depressie sal worstel. Ons gesels vandag met psigiater Dr Alicia Swart oor mans se geestesgesondheid, die uitdagings wat hulle ervaar, en waarom dit so belangrik is om die stigma rondom emosionele welstand te breek.
8 Jun 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Gato Inn

The Gato Inn in die ooste van Pretoria bied veilige, luukse kort en langtermyn verblyf vir jou kat. Morne Combrink vertel ons meer
12 Jun 4AM 6 min

VERSKILMAKERS: Round Table Collective

Round Table Pretoria Collective is ’n organisasie van jong mans tussen die ouderdomme van 18 en 40 wat hulself beywer vir gemeenskapsdiens, persoonlike groei, leierskapontwikkeling en kameraadskap. Deur verskeie liefdadigheidsprojekte en gemeenskapsinisiatiewe maak hulle ’n tasbare verskil in die lewe van mense in Pretoria en omliggende gebiede. Vandag gesels ons…
11 Jun 6AM 7 min

Aktualiteit: Nuwe verslag toon jongmense is onder gewildige druk

’n Nuwe verslag oor tienerwelstand wat die Solidariteit Navorsingsinstituut pas uitgereik het, skets ’n ontstellende prentjie van die druk waaronder baie Suid-Afrikaanse tieners leef. Akademiese eise, emosionele uitdagings, sosiale media en ’n gebrek aan ondersteuning laat baie jongmense oorweldig voel. Die verslag toon ook dat talle ouers voel hulle is…
11 Jun 2AM 15 min

Jeugmaand: Geestesgesondheid onder jongmense

Geestesgesondheid is nie net 'n grootmenskwessie nie. Al hoe meer kinders en tieners worstel met angs, depressie, trauma en emosionele uitdagings, maar baie kry nooit die hulp wat hulle nodig het nie. As ouers, opvoeders en versorgers is dit belangrik dat ons die tekens herken en oop gesprekke oor geestesgesondheid…
10 Jun 6AM 8 min