
ultimate.earth belê N$3m vir swartrenosters
Loading player...
In ’n groot mylpaal vir gemeenskapsbaseerde bewaring het ultimate.earth, voorheen Ultimate Safaris, reeds 3 miljoen Namibiese dollar belê om die land se vrylopende swartrenosters te help beskerm. Die finansiering, wat deur hul filantropiese afdeling, die Conservation Travel-stigting toegewys is, gaan direk na die toerusting en ondersteuning van die plaaslike renoster-veldwagters, of Rhino Rangers. ultimate.earth se besturende direkteur, Tristan Cowley, verduidelik die belangrikheid daarvan.

