SA moet dringend belê in jeug-werksprogramme

Loading player...
United Africans Transformation vra vir grootskaalse werksprogramme vir die jeug, groter belegging in township- en plattelandse ekonomieë, en sterker ondersteuning vir klein ondernemings om die werkloosheidskrisis aan te pak. Volgens die party dryf die werkloosheidsyfer van 32,7-persent miljoene jong mense tot wanhoop. Mighty Mabule van UAT het die regering aangespoor om vaardigheidsopleiding te verbeter, infrastruktuurontwikkeling uit te brei en korrupsie te bekamp:
14 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa verdedig die RNE en moedig SAners aan om te stem

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê partye in die regering van nasionale eenheid, met uiteenlopende beleid en ideologieë, kon daarin slaag om saam te werk tot voordeel van Suid-Afrika. Verlede week het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, gevra vir ’n hersiening van die DA se rol binne die regering van…
19 Oct 3AM 1 min

Penehupifo Pohamba se afsterwe ’n groot verlies vir familie en plaaslike owerhede

Mandume Pohamba het sy ma, Penehupifo Pohamba, as ’n sorgsame en liefdevolle ma beskryf. Die 78-jarige Pohamba is oor die naweek in die Lady Pohamba-privaat hospitaal in Windhoek oorlede. Mandume het aan New Era gesê dat sy goed na haar man, voormalige president Hifikepunye Pohamba, omgesien het. Die burgemeester van…
19 Oct 2AM 1 min

AfriForum wil Mbeki onder kruisverhoor plaas

AfriForum het die Khampepe-kommissie gevra om advokaat Gerrie Nel toe te laat... om oud-president Thabo Mbeki onder kruisverhoor te plaas. Dit hou verband met bewerings van politieke inmenging om vervolging vir misdade in die apartheids-era te voorkom, insluitend die 1985-landmynaanval naby Musina, waarin Kobie van Eck en haar twee jong…
19 Oct 2AM 1 min