ANC-jeugliga staan bankvas agter Ramaphosa

Loading player...
Die ANC-jeugliga sê hy verwerp toenemende oproepe dat president Cyril Ramaphosa moet bedank en noem dit politieke opportunisme. Die president het daarop aangedring dat hy nie sal bedank nie. Dit volg na die uitspraak deur die Konstitusionele Hof verlede week, dat die parlementêre stemming wat verhoed het dat die Artikel 89-onafhanklike paneelverslag oor Phala Phala na 'n ampsklagkomitee verwys word, onwettig was. Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, sê hulle glo Ramaphosa het geen misdaad gepleeg nie:
13 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'Ons het die golf en die meer, volgende die oseaan' - Trump

President Donald Trump het gepraat na hy sy handelsoorlog met Kanada verskerp deur ʼn uitvoerende bevel te onderteken wat Lake Ontario se naam na Lake America verander. Die meer grens aan Ontario, Kanada en New York. Hy het verlede jaar ʼn uitvoerende bevel onderteken dat die Golf van Mexiko hernoem…
28 Aug 4AM 1 min

Wes-Kaapse owerhede vergader oor geweld op taxiroete

Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit sê hy sal stappe doen om geweld op die Khayelitsha-Somerset-Wes openbare taxiroete te beëindig. Die departement, die Stad Kaapstad en die taxibedryf begin Maandag met bemiddeling om die konflik op te los. Meer verkeersbeamptes sal ook die betrokke gebiede patrolleer, terwyl voertuie wat bedryfsreëls oortree,…
28 Aug 4AM 1 min

Gift of the Givers is gereed om na Nepal te vertrek

Gift of the Givers het 'n span gereed om na Nepal te reis om minstens ses Suid-Afrikaners te red of te herwin wat as vermis aangemeld is ná verwoestende kitsvloede op die Nepal-Tibet-grens. Meer as 370 mense is dood, en meer as 1 400 word vermis, insluitend van Indië, die…
28 Aug 3AM 1 min

Openbare instellings moet saam met media werk

Nipam se uitvoerende direkteur, Heroldt Murangi, spoor staatsbeheerde ondernemings en openbare instellings aan om sterker, meer oop verhoudings met die pers te bou. Murangi sê dat 'n onafhanklike media noodsaaklik is om deursigtigheid te handhaaf, openbare amptenare aanspreeklik te hou en ingeligte debat in 'n demokrasie te dryf. Hy sê…
28 Aug 3AM 1 min

VN vra triljoene vir Ebola-uitbreking

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra 17,59-triljoen Namibiese dollar om ʼn plan om die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo te bekamp, volledig te befonds. Volgens berigte is 5 713 gevalle en 2 744 sterftes aangemeld. Hierdie Ebola-epidemie versprei die vinnigste ooit. Guterres sê die DRK-regering en…
28 Aug 2AM 1 min