#OntbytMetDoepieEnNina - Tamlyn Wessels (Nie so diep nie)

Loading player...
Tamlyn Wessels kom gesels oor "Dis Nie So Diep Nie" ’n versameling herkenbare stories oor liefde, waardes, groei en optimisme – toegewerk in warm melodieë en radio‑vriendelike produksie. Dit dui op ’n opwindende nuwe hoofstuk in Tamlyn se loopbaan en bevestig haar verder as een van Afrikaanse pop se mees belowende nuwe stemme.

Met die vrystelling van die EP word die titelsnit “Nie So Diep Nie” ook bekendgestel, saam met ’n diepgaande musiekvideo wat Tamlyn se storie met Guillain‑Barré‑sindroom vertel, so hou die tissues naby.

Die video bevat ook egte beeldmateriaal uit Tamlyn se tyd in die hospitaal tydens haar jonger jare – ’n eerlike, rou en lewensgetroue kykie na haar persoonlike reis.
11 May Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Liezel van Intiem

Liezel van der Merwe van Intiem, kom gesels met Doepie en Nina oordie 5 W's wat die Huwelik laat woema gee... sy deel ook refleksie vrae wat jy en jou maat oor kan dink.
20 Oct 12 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Ollyvans "Op YS"

Van die wynlande in Franschhoek tot die opnamestudio's van Suid-Afrika, bewys Ollyvans dat kreatiwiteit geen grense ken nie. Ná sy debuutduet saam met Tasché verlede jaar, tree Ollyvans nou weer na vore as kunstenaar met sy nuwe enkelsnit, "Op Ys"
19 Oct 21 min