#OntbytMetDoepieEnNina - Tamlyn Wessels (Nie so diep nie)

Loading player...
Tamlyn Wessels kom gesels oor "Dis Nie So Diep Nie" ’n versameling herkenbare stories oor liefde, waardes, groei en optimisme – toegewerk in warm melodieë en radio‑vriendelike produksie. Dit dui op ’n opwindende nuwe hoofstuk in Tamlyn se loopbaan en bevestig haar verder as een van Afrikaanse pop se mees belowende nuwe stemme.

Met die vrystelling van die EP word die titelsnit “Nie So Diep Nie” ook bekendgestel, saam met ’n diepgaande musiekvideo wat Tamlyn se storie met Guillain‑Barré‑sindroom vertel, so hou die tissues naby.

Die video bevat ook egte beeldmateriaal uit Tamlyn se tyd in die hospitaal tydens haar jonger jare – ’n eerlike, rou en lewensgetroue kykie na haar persoonlike reis.
11 May Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Ivan Roux

Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger Ivan Roux is terug met ’n kragtige nuwe enkelsnit wat luisteraars reg in die hart tref. Met sy kenmerkende diep stem & innige lirieke lewer hy ’n roerende ode aan onvoorwaardelike liefde, getrouheid en diepe verbindings wat enige storm kan weerstaan.
28 Aug 15 min

#OntbytMetDoepieEnNina - FAK & Staatsteater herlewing

Onss gesels met FAK en Staatsteater verteenwoordigers oor 'n nuwe historiese samewerkingsooreenkoms tussen die FAK en die Suid-Afrikaanse Staatsteater om Afrikaanse teater en uitvoerende kunste opnuut op die Staatsteater se verhoë te vestig.
31 Aug 19 min