
Lamola het kommer oor groeiende anti-immigrant sentiment
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika soek 'n meer gekoördineerde benadering tot migrasiebestuur regoor Afrika. Die afgelope tyd se teen-immigrante-betogings in die land het kommer oor hernude xenofobiese geweld laat opvlam. Nigerië, Ghana en Mosambiek het amptelik by die regering gekla oor die behandeling van hul burgers in die land. Lamola sê Suid-Afrika versterk sy immigrasiebeleid om nakoming van die land se immigrasiewette te verseker:

