
Hegseth, Trump dreig Iran weer, Trump skort Operasie Vryheid op
Loading player...
Amerikaanse verdedigingminister Pete Hegseth het Dinsdag aan verslaggewers by die Pentagon gesê dat die skietstilstand met Iran nie tot niet is nie, ten spyte van aanvalle in die Straat van Hormuz. Dit was na die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps belowe het om beslissende stappe te doen teen vaartuie wat roetes gebruik om deur die seestraat te vaar wat nie deur Iran goedgekeur is nie. Intussen het president Donald Trump by die Withuis gesê hy is gewillig om Iran se ekonomie tot 'n val te bring, want hy wil wen. Luister self.

