Trump dreig om Iran van aardbol af te vee

Loading player...
President Donald Trump het gewaarsku dat Iranse magte “van die aardbol afgevee” sal word indien hulle Amerikaanse skepe teiken. Dit volg nadat Amerika sewe Iranse snelbote in die Straat van Hormuz getref het terwyl die leër gestrande skepe uit die Golf begelei. Iran se leër waarsku hy sal op enige Amerikaanse vlootvaartuig skiet wat die seestraat nader, en sê hy het reeds ʼn Amerikaanse oorlogskip getref. Trump beskryf die oorlog teen Iran as ʼn geringe ompad:
5 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamRA bou verder op sy eenstopsentrum

NamRA het begin om verskeie doeane- en aksynskantore in Windhoek na die nuwe Eenstop-doeane- en aksynsentrum in die Suidelike Industriële gebied te verskuif. Woordvoerder Steven Ndorokaze sê dat slegs beperkte dienste tans beskikbaar is, insluitend motorvoertuigklaringsertifikate en fisiese inspeksiebesprekings. Betalings en die druk van doeanedokumente kan tydelik by die Eros-lughawekantoor…
14 May 11PM 1 min

Britse ekonomie op die regte pad - Reeves

Die Britse minister van Finansies, Rachel Reeves, sê die land se jongste groeisyfers toon die regering het die regte ekonomiese plan. Die ekonomie het in die eerste kwartaal met 0,6-persent gegroei toe produksie en die boubedryf goed presteer het ondanks hoër energiekoste weens die Iranse konflik. Reeves sê ekonomiese bestendigheid…
14 May 11PM 1 min

Onderwys: Waar gaan al die geld heen?

Die Nasionale Raad het tydens die voortgesette debat oor die toekenning van 28 miljard Namibiese dollar aan die onderwysministerie gevra vir groter belegging in die sektor. Raadslid Olivia Hanghuwo, wat die Eenhana-kiesafdeling verteenwoordig, sê alhoewel die ministerie die grootste deel van die 2026/27 nasionale begroting ontvang het, die onderwyssektor steeds…
14 May 5AM 1 min

Miljoene bottels wyn in Kaapse oorstromings verlore

Die oorstromings in die Robertson-vallei, veral met die Breede-rivier, reuse skade aangerig. Van Loveren-wyne se besturende direkteur Phillip Retief, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat oorstromings 1,3 miljoen bottels wyn in hulle kelder vernietig het en, dat sommige sê dis die ergste oorstromings in meer as ‘n eeu.
14 May 5AM 1 min