
Tennis: Sinner maak geskiedenis met Meesterstitels
Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die Madrid Ope gewen en die eerste man geword wat vyf agtereenvolgende Meesterstitels buit. Die Italianer het met die Duitser, Alexander Zverev, afgereken. Hy spog nou met 28 agtereenvolgende seges op hierdie vlak, insluitend die titel in Parys verlede jaar, en Indian Wells, Miami en Monte-Carlo vanjaar. Indien die 24-jarige speler hierdie week die Italiaanse Ope wen, het hy sy loopbaan-“Goue Meesters” voltooi. Sinner sê hy het hard gewerk om sukses te behaal:

