Kweek 'n huwelik met karakter: Louis en Hettie Brittz

Loading player...
In elke huwelik is daar verskille – maar dit hoef nie skeiding te beteken nie. Met meer as 30 jaar se ervaring begelei Louis Brittz en Hettie Brittz paartjies om mekaar dieper te verstaan, gesonder te kommunikeer en weer vreugde in hul verhouding te vind.

Hul benadering is prakties, eerlik en deurdrenk met wysheid (en ja, ’n goeie dosis humor!)—’n herinnering dat ’n sterk huwelik nie oor perfeksie gaan nie, maar oor groei, selfinsig en doelbewuste liefde.

In hierdie gesprek deel hulle waardevolle insigte en konkrete hulpmiddels wat enige paartjie kan help om hul verhouding te versterk. Hul splinternuwe boek, Kweek 'n huwelik met karakter, is ook binnekort beskikbaar en bou voort op hierdie tydlose beginsels.
30 Apr 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Snoete-goete: Menskos wat gevaarlik kan wees vir jou troeteldier

Vandag gesels ons met veearts Annarie Greyling oor iets wat baie troeteldiereienaars dalk nie besef nie — sekere menskos kan gevaarlik, en selfs dodelik, vir diere wees. Van sjokolade tot druiwe en uie — sommige alledaagse kosse hou groot risiko’s in vir ons honde en katte. Sy deel vandag belangrike…
22 May 6AM 10 min

VERSKILMAKERS: Seed of life

Michael Joubert kuier by Sarina op #MidOggend oor die 'Seed of Life Huis Cullinan' veldtog — ’n plek waar mense wat alles verloor het, weer hoop, waardigheid en ’n tweede kans kry. 💛🙏 Van jare van verslawing en haweloosheid, tot ’n belofte aan God wat vandag besig is om ander…
21 May 6AM 11 min

ABC van Ouerskap: C - Chiropraktisyn (Dr Sindi Ludik)

Vandag by ABC van Ouerskap fokus ons op die letter “C” – vir chiropraktisyn! Baie ouers wonder hoe chiropraktiese sorg swanger mamma’s, babas en kinders kan ondersteun. Ons gesels vandag met Dr Sindi Ludik van OrthoLifestyle oor die rol wat chiropraktisyns kan speel in gesinsgesondheid – van swangerskap tot tienerjare.
19 May 5AM 9 min

Snoete-goete: Bedreigde spesiedag

Vandag, op Bedreigde Spesiesdag, fokus ons op die ongelooflike diere wat wêreldwyd onder druk verkeer – ook hier in Suid-Afrika. Van renosters en pangolins tot aasvoëls en wildehonde: elke spesie speel ’n belangrike rol in ons ekosisteem. Sarina gesels met Bonne de Bod, bekende wildlewe televisieaanbieder en vervaardiger, oor bewaring,…
15 May 6AM 10 min