
Drie nuwe LP's by Pan-Afrika-parlement ingesweer
Loading player...
Drie lede van Namibië se afvaardiging na die Pan-Afrikaanse parlement is ingesweer tydens die amptelike opening van die sewende vastelandse wetgewer se eerste buitengewone sitting in Midrand. Hulle is Olivia Hanghuwo en Tjimutambo Kuuoko van die Nasionale Raad, en Alpheus !Naruseb van die Nasionale Vergadering. Hulle is ingesweer om vakatures te vul wat na verlede jaar se verkiesings ontstaan het. Namibië se vyf-lid afvaardiging word gelei deur adjunkspeaker Philipus Katamelo. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Raphael Hangula gepraat wat meer inligting gee.

