
Swak geletterheid in Omaheke aangespreek
Loading player...
Die Omaheke-streek het vanoggend sy driedaagse Onderwysberaad 2026 geopen. Die beraad is daarop gemik om vennootskappe tussen primêre, sekondêre en tersiêre instellings te versterk. Die Omaheke-streek se direkteur van onderwys, Constance Watenaar, sê die beraad is veral daarop gemik om die swak vlakke van syfervaardigheid en geletterdheid op primêre vlakke aan te spreek.

