Sawe bedank toeskouers in Londen

Loading player...
Die 30-jarige Keniaan, Sabastian Sawe het Sondag geskiedenis gemaak by die Londen-marathon deur die eerste atleet te word wat ’n marathon in minder as twee uur voltooi. Hy het met die media gepraat en sê die skare, en ‘n goeie ondersteunende span het dit moontlik gemaak.
27 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump vaar weer uit teen Navo

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in…
8 Jul 1AM 1 min

Los eerder wilde sampioene uit

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai…
8 Jul 1AM 1 min

Noa gesels oor 20 jaar by die ACC

Die stigtersdirekteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, berei voor om die instelling op 31 Julie te verlaat, wat 'n 20-jaar lange ampstermyn aan die stuur van Namibië se korrupsiewaghond tot 'n einde bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Noa besin oor die afgelope 20 jaar. Hy sê…
8 Jul 1AM 1 min

Owerhede moet toerisme-misdaad hokslaan

Die Gasvryheidsvereniging spreek kommer uit oor 'n reeks misdade wat toeriste raak. Dit volg op onlangse inbrake by twee lodges naby Outjo, die aanranding van 'n toeris by Spitzkoppe, en 'n reeks reiswaarskuwings wat uitgereik is deur lande soos Kanada, Duitsland en die Verenigde State oor toenemende misdaad in Namibië…
8 Jul 12AM 1 min