EV-laaistasies moet geregistreer wees

Loading player...
Stad Windhoek het aangekondig dat die registrasie van laaistasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is, om effektiewe lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die 3,7 kilowatt kapasiteit van 'n standaard huishoudelike sok oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer word. Jens Denk van Electric Vehicles Namibia het die inisiatief as 'n positiewe faktor vir die mark verwelkom.
26 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot

Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry…
8 Jul 2AM 1 min

VN se weeragentskap het kommer oor El Nino

El Nino-toestande ontwikkel tans in die Stille Oseaan en die Wêreld Meteorologiese-organisasie van die VN sê die warmer toestande in die oseaan het 'n groot impak op weerpatrone wat hittegolwe, droogtes en uiters swaar reën en oorstromings kan veroorsaak. Celeste Saulo van die organisasie.
8 Jul 2AM 1 min

Trump vaar weer uit teen Navo

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in…
8 Jul 1AM 1 min

Los eerder wilde sampioene uit

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai…
8 Jul 1AM 1 min