Regering werskaf met noodvoedsel in Zambezi

Loading player...
Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula sê pogings is aangewend om te verseker dat die noodhulpvoedsel van die Kantoor van die Eerste Minister vloedgeteisterde gemeenskappe in afgeleë gebiede bereik. Dit is te midde van kommer dat die vervoer van sakke rys, kookolie en ingemaakte vis 'n uitdaging is in afgesnyde gemeenskappe wat erg geraak word deur vloedwaters van die Zambezi- en Chobe-riviere. Kabula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
25 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sokker: Manchester City vat FA-beker huis toe

Manchester City het Chelsea met 1-0 op Wembley geklop om die FA-beker. Dit is die span se agtste FA-beker-titel en hulle afrigter Pep Guardiola se derde een in die kompetisie. Antoine Semenyo het die wendoel aangeteken met 'n uitstekende hakskop na 'n kruis-aangee deur Erling Haaland. Chelsea het toe alles…
17 May 6AM 1 min

Meer as N1 miljard vir bewaring

Namibië gaan ’n historiese bewaringsfinansieringsooreenkoms van meer as 1 miljard Namibiese dollar onder die Namibia for Life-inisiatief onderteken. Hierdie ooreenkoms gebruik die innoverende Project Finance for Permanence-model om langtermynfinansiering en -stelsels te verseker wat gemeenskapsbewaring permanent sal ondersteun. Die ooreenkoms sal die komende week onderteken word. Vilho Hangula, die omgewingsminbisterie…
17 May 5AM 1 min

EFF teiken nie wit boere, sê Malema

EFF-leier Julius Malema sê bewerings dat die party wit boere teiken, is vals. Malema het op die Frank Dialogue aanlyn uitsending gesê sulke bewerings is onlogies en aangevoer dat hy self 'n boer is en nie boere skade kan aandoen nie. Malema hou vol dat die EFF geen beleid van…
17 May 4AM 1 min

Twee vas in Gautent oor vuurwapenvideo

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het twee mans in hegtenis geneem in verband met 'n wydverspreide sosialemedia-video wat wys hoe vroue vuurwapens roekeloos hanteer. Gauteng-misdaadintelligensie het die verdagtes in Tembisa opgespoor, en ongelisensieerde vuurwapens en 'n gekaapte voertuig teruggevind. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagtes, onderskeidelik 21 en 34 jaar oud, staan…
17 May 3AM 1 min

Sokker: Terugslag vir Pirates teen Durban City

Orlando Pirates het Saterdag ’n terugslag in die Premierliga-titelstryd beleef ná ’n doellose gelykopuitslag teen Durban City. Pirates het balbesit oorheers en verskeie kanse geskep, maar is herhaaldelik deur die Durban City-verdediging en doelwagter Fredrick Asare gekeer. Die uitslag laat hulle twee punte agter die voorlopers, Mamelodi Sundowns. Afrigter Abdeslam…
17 May 2AM 1 min