VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

Loading player...
President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word. Intussen het Iran se ministerie van buitelandse sake egter beklemtoon dat geen direkte ontmoeting tussen Amerika en Iran beplan word nie, en dat Iran se standpunt deur Pakistan se leierskap oorgedra sal word.
25 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handelsyfers lê lae Afrika-handel bloot

Die handelstatistieke vir Mei is bekend en soos gewoonlik is streekshandel gesentreer in die Sacu-gebied. Namibië het 'n handelsurplus van 1,3 miljard Namibiese dollar met Botswana aangeteken terwyl 'n handelstekort van 2,5 miljard dollar met Suid Afrika aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gekry…
8 Jul 2AM 1 min

VN se weeragentskap het kommer oor El Nino

El Nino-toestande ontwikkel tans in die Stille Oseaan en die Wêreld Meteorologiese-organisasie van die VN sê die warmer toestande in die oseaan het 'n groot impak op weerpatrone wat hittegolwe, droogtes en uiters swaar reën en oorstromings kan veroorsaak. Celeste Saulo van die organisasie.
8 Jul 2AM 1 min

Trump vaar weer uit teen Navo

President Donald Trump van Amerika het weereens die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie gekritiseer omdat die organisasie nie Amerika met sy oorlog teen Iran help nie. Trump woon tans Navo se jaarlikse beraad in Ankara, Turkye, by. Hy dreig om Amerikaanse soldate aan Europa te onttrek. Trump sê hy is baie teleurgesteld in…
8 Jul 1AM 1 min

Los eerder wilde sampioene uit

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na 'n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van 'n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai…
8 Jul 1AM 1 min