Plaaslike raffinering, opwekking uiters belangrik

Loading player...
Tydens die pas afgelope Namibië Energiekonferensie is die land aangespoor om plaaslike energie-opwekkingskapasiteit te versnel en invoerafhanklikheid te verminder. Volgens kenners moet Namibië dringend sy eie opwekkingskapasiteit bou. Teen dié agtergrond het Kosmos 94.1 Nuus 'n reeks onderhoude met die energieministerie se hoofekonoom Abednego Ekandjo gevoer. Hy verduidelik dat die ministerie met Afrika-lande en die privaatsektor praat om raffinaderye in die land te vestig ter voorbereiding vir olieproduksie.
21 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie

Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die…
8 Jul 6AM 1 min

Badenoch verduidelik onttrekking by Clacton

Nie die Arbeiders nog die Tories sal 'n kandidaat vir die Clacton-tussenverkiesing daarstel nie. Die verkiesing is veroorsaak deur die bedanking uit die parlement van Reform UK se Nigel Farage, en hy sal weer staan vir die pos. Hy sal na verwagting wen en dan terugkeer na die parlement en…
8 Jul 6AM 1 min

Dagga-aktiviste op hete kole, uitspraak môre verwag

Daar is nog geen uitsluitsel in die Grondwetlike dagga saak deur aktiviste Brian Jaftha en Borro Ndungula nie. Uitspraak was Maandag verwag maar regter Claudia Claasen het die indiening van verdere dokumente geëis. Die staat het 'n aansoek vir 'n spesiale pleit gedoen om die saak van die rol te…
8 Jul 6AM 1 min

IPC eis rekord van Amutse se ondersoek na Nasan en Vivo

Die IPC het die regering se hantering van 'n omstrede brandstof-mededingingsbesluit na die parlement geneem. Die party eis antwoorde van die energieminister oor die opskorting van sleutelvoorwaardes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is vir die samesmelting van Vivo Energy Namibia met Engen. Dit raak ook Nasan Energies wat verhoed is…
8 Jul 6AM 1 min