Rugby vakansie-oefenkamp by WAP in Mei

Loading player...
Die Supreme Sports-akademie sal van 11 tot 16 Mei 'n rugby vakansie-oefenkamp aanbied by die WAP-sportsgronde. Kosmos 94.1 vorm deel van die vennootskap en nooi alle jong seuns uit om die kamp by te woon. Die kamp gaan elite-afrigting, vaardigheidsontwikkeling en wedstrydgereedheidsopleiding aanbied. Die nuusspan het met afrigter Bakkies Rossouw van die akademie gepraat wat die doelwit van die kamp uiteensit. Meer inligting kan op die akademie se sosiale media platforms gevind word.
21 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NV nogmaals ontwrig deur uitstappe

Die parlement is weereens in prosedurele onrus gedompel nadat opposisielede uit die Nasionale Vergadering gestap het, wat die Huis sonder 'n kworum gelaat het. Die jongste dooiepunt kom net dae na 'n soortgelyke dispuut oor die genomineerdes vir die Staatsdienskommissie, voordat Swapo uiteindelik op sy meerderheid staatgemaak het om hul…
8 Jul 8AM 1 min

Baba-Bokke het nog werk voor Wêreldkampioenskap-halfeindronde

Rugby: Die Junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê daar is steeds ruimte vir verbetering voor hulle Engeland Maandag pak in die halfeindronde van die Junior Wêreldkampioenskap in Georgië. Suid-Afrika was 14 punte agter, maar het ingehaal en Wallis uiteindelik 52-33 verslaan na agt drieë teenoor vyf om die voorlaaste…
8 Jul 8AM 1 min

DA sê voldoende toilette by skole is 'n reg, nie 'n doelwit nie

Die DA doen ʼn beroep op alle provinsiale onderwysdepartemente om dringend skole wat nog sanitasieprobleme het, te identifiseer en duidelike planne en tydlyne te verskaf oor hoe hulle dit gaan hanteer. Dit volg nadat die Departement van Basiese Onderwys al 3 372 sanitasieprojekte by skole afgehandel het wat in die…
8 Jul 6AM 1 min

Badenoch verduidelik onttrekking by Clacton

Nie die Arbeiders nog die Tories sal 'n kandidaat vir die Clacton-tussenverkiesing daarstel nie. Die verkiesing is veroorsaak deur die bedanking uit die parlement van Reform UK se Nigel Farage, en hy sal weer staan vir die pos. Hy sal na verwagting wen en dan terugkeer na die parlement en…
8 Jul 6AM 1 min