
Strooipos-oproepe se dae in SA getel
Loading player...
Die Nasionale Verbruikerskommissie het die wysiging van 'n regulasie in die Wet op Verbruikersbeskerming verwelkom om strooipos-oproepe te beperk. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het dit in die Staatskoerant gepubliseer. Woordvoerder Phetho Ntaba sê die gewysigde regulasies vestig 'n uitsluitings-registerstelsel en bied meganismes vir verbruikers om ongewenste regstreekse bemarking te kanselleer. Sy sê alle regstreekse bemarkers moet registreer om nakoming te verseker:

