Ramaphosa loop deur oor Roelf Meyer

Loading player...
ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê die voormalige Nasionale Party-politikus Roelf Meyer se aanstelling as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika ontbloot die omvang van president Cyril Ramaphosa se beheptheid met toenadering tot wit nasionaliste. Woordvoerder Omogolo Taunyane sê dis skandelik dat so 'n strategiese aanstelling vir die land se internasionale beeld by 'n 78-jarige afdwinger van apartheid moet berus. Sy verwelkom die sterk teenkanting van patriotiese Suid-Afrikaners teen die aanstelling:
18 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inheemse kennis se rol in bewaring in die kollig

Namibië loods môre sy publikasie "National Outlook on Indigenous and Local Knowledge of Biodiversity" om inheemse kennis formeel in nasionale bewaringsraamwerke te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Kombada Mhopjeni, die landprogrambeampte vir Natuurwetenskap by Unesco gepraat, wat sê die publikasie evalueer die huidige stand van inheemse kennis en beklemtoon…
8 Jul 11AM 1 min

Staatsprokureurs spring om Job se aansoek af te weer

Die staatsprokureurs het dokumente aan alle lede van die Nasionale Vergadering vrygestel wat die president se getekende aanbevelings bevat vir die aanstelling van die voorsitter en kommissarisse van die Verkiesingskommissie. AR-leier Job Amupanda het die ontwikkeling verwelkom, maar bygevoeg dat sy regspan steeds die dokumente hersien. Dit kom na Amupanda…
8 Jul 10AM 1 min

Savanna Beef-aandeelprys styg weens goeie aanvraag

Savanna Beef-aandele verhandel stewig op die Namibiese Sekuriteitebeurs teen een Namibiese dollar en sewentien sent per aandeel, 'n styging vanaf sowat 1 dollar en 5 sent aan die begin van Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter Romé Mostert gepraat, wat sê die onlangse styging, gerugsteun deur 32…
8 Jul 10AM 1 min

Trump dreig Iran-aanvalle, olieprys spring 5%

Dit blyk asof die skietstilstand tussen Amerika en Iran iets van die verlede is, met Amerikaanse president Donald Trump wat by die Navo-beraad in Turkye gedreig het om Iran vanaand weer hard met lugaanvalle te slaan. Hy het ook gedreig om Khargh-eiland in te neem en die haweblokkade weer in…
8 Jul 10AM 1 min

FNB Namibia kry beste SME-bank in Namibië-toekenning

FNB Namibia is aangewys as die beste SME-bank in Namibië by die gesogte Global Banking & Finance Awards. Die bank bedien tans SME's in al 14 streke en handhaaf 'n geraamde aandeel van 35 tot 40 persent van Namibië se SME-bankmark. Nesdha de Jongh, hoof van SME-bankdienste by FNB Namibia,…
8 Jul 9AM 1 min