SA het buffers nodig om die ekonomie te beskerm

Loading player...
FNB sê Suid-Afrika het 2026 met versigtige optimisme begin, maar globale spanning, insluitend die Midde-Oosterse konflik, beïnvloed die ekonomiese vooruitsigte. Die bank sê die herstel kan stadiger word, maar daar word nie verwag dat dit sal stop nie. Die bank sê plaaslike hervormings sal kostes in toom hou en die ekonomie behoort mettertyd te versterk. Koketso Mano sê toestande in die eiendomsmark bly toestande positief, maar globale druk kan korttermyngroei in huispryse en die vraag na verbandlenings vertraag:
17 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lüderitz ontvang N$28m hupstoot

Lüderitz het sy grootste buitelandse direkte belegging ter waarde van 1,5 miljoen euro, sowat 28 miljoen Namibiese dollar, deur VNG International, 'n internasionale samewerkingsagentskap van die Vereniging van Nederlandse Munisipaliteite, verseker. Die ondertekeningseremonie het in Windhoek plaasgevind tydens die Namibië-EU-sakeberaad 2026 verlede week, onder leiding van die voorsitter van die…
18 May 5AM 1 min

Tshwane betaal jaarliks R30m aan geskorste amptenare

Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya het kommer uitgespreek oor die 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die metro jaarliks aan geskorste amptenare, waarvan baie senior bestuurders is, se salarisse bestee. Sy het aan eNCA gesê die geld word betaal aan senior amptenare wat geskors is in verband met die Rooiwal-watersuiweringsaanleg se tenderskandaal en…
18 May 5AM 1 min

March and March moet Nigerië vereer - aktivis

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die organiseerders van die March and March-veldtog gevra om Nigerië te vereer vir sy ondersteuning tydens die anti-apartheidstryd. Nigerië het finansiële hulp, beurse en politieke solidariteit tydens die bevrydingsera verskaf en moet erken word vir sy bydrae tot demokrasie. Makaneta het die beweging, wat aktief…
18 May 3AM 1 min