Namibië se groenskemas het 67,4 miljoen Namibiese dollar gegenereer om plaaslike landbou gedurende die 2025/26-produksieseisoen te versterk. Dit is gedryf deur 6 758,65 ton mielies ter waarde van 56,9 miljoen dollar en koring van 609 hektaar wat 10,5 miljoen dollar bygevoeg het. Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee,…
Die leier van die EFF, Julius Malema het 'n vernietigende aanval op landdros Twanet Olivier van die Oos-Londense landdroshof in KuGompo City, Oos-Kaap, geloods. Hy het haar as onbevoeg beskryf en sê sy moet van wangedrag aangekla word. Malema het ondersteuners buite die hof toegespreek en die hof van vooroordeel…
Die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 500 miljoen Namibiese dollar is in 2025 van stapel gestuur. Dit het ten doel om jong entrepreneurs van 18 tot 45 jaar oud te bemagtig deur bekostigbare, kollateraalvrye lenings teen rentekoerse van tussen 2 persent en 4 persent te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
Die omgewingsministerie se besluit om pendel tussen die Sossusvlei 2x4-parkeerarea en die 4x4-parkeerarea by die Dooievlei te beperk is in omstredenheid gedompel. Toergidse is uiters bekommerd oor die situasie en beweer ook ongerymdhede in die konsessie-toekenning. 'n Groep toergidse laat van hulle hoor in 'n vox pop wat deur Kosmos…
Paneelbesprekings by die Namibië Internasionale Energiekonferensie het vanoggend na onder andere kernenergie gekyk. Die hoofwetenskaplike in die myne en energie-ministerie, Dr. Nortin Titus, het oor 'n tydlyn vir Namibië se eerste kernkragstasie gepraat.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.