Blitsbokke mik na perfeksie in Hongkong

Loading player...
Rugby: Die Springbok-sewes se kaptein, Impi Visser, sê hulle mik steeds na die perfekte vertoning al het hulle vier van die ses toernooie in die wêreldreeks gewen. Suid-Afrika gaan die naweek in Hongkong sy groepswedstryde teen Uruguay, Spanje en Argentinië speel in die eerste van drie wêreldkampioenskaps-toernooie. Visser sê daar is aspekte wat moet verbeter, en dis van die uiterste belang om voortdurend op die hoogste vlak te speel:
16 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lüderitz ontvang N$28m hupstoot

Lüderitz het sy grootste buitelandse direkte belegging ter waarde van 1,5 miljoen euro, sowat 28 miljoen Namibiese dollar, deur VNG International, 'n internasionale samewerkingsagentskap van die Vereniging van Nederlandse Munisipaliteite, verseker. Die ondertekeningseremonie het in Windhoek plaasgevind tydens die Namibië-EU-sakeberaad 2026 verlede week, onder leiding van die voorsitter van die…
18 May 5AM 1 min

Tshwane betaal jaarliks R30m aan geskorste amptenare

Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya het kommer uitgespreek oor die 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die metro jaarliks aan geskorste amptenare, waarvan baie senior bestuurders is, se salarisse bestee. Sy het aan eNCA gesê die geld word betaal aan senior amptenare wat geskors is in verband met die Rooiwal-watersuiweringsaanleg se tenderskandaal en…
18 May 5AM 1 min

March and March moet Nigerië vereer - aktivis

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die organiseerders van die March and March-veldtog gevra om Nigerië te vereer vir sy ondersteuning tydens die anti-apartheidstryd. Nigerië het finansiële hulp, beurse en politieke solidariteit tydens die bevrydingsera verskaf en moet erken word vir sy bydrae tot demokrasie. Makaneta het die beweging, wat aktief…
18 May 3AM 1 min