Bemagtigingswette is nie rassisties nie - Cyril

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê hy sien bemagtigingswette as deel van die regstelling van die wanbalanse van die verlede, nie as rassistiese wetgewing nie. Hy het gereageer op miljardêr Elon Musk se bewering dat sy satelliet-internetdiens, Starlink, 'n lisensie in Suid-Afrika geweier is omdat hy nie swart is nie. Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging vereis dat buitelandse telekommunikasielisensies 30-persent van die ekwiteit in hul plaaslike filiale aan histories benadeelde groepe moet verkoop. Ramaphosa sê honderde internasionale firmas voldoen aan die land se regulasies:
16 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LLPB kondig nuutste vleispryse aan

Die Lewendehawe en Lewendehaweprodukteraad het hul nuutste vleispryse vir die week aangekondig. Desmond Cloete, die bemarkingbestuurder, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting oor die veilingspryse gegee.
8 Jul 11AM 1 min

Meer padveiligheidsveldtogte nodig

'n Man het Dinsdag met geringe beserings daarvan afgekom nadat sy voertuig van 'n brug op die Westelike Verbypad gery en op die pad daaronder geval het. Beeldmateriaal van die ongeluk is wyd op sosiale media gedeel. Tydens 'n vorige onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Horst Heimstadt, uitvoerende hoof…
8 Jul 11AM 1 min

Inheemse kennis se rol in bewaring in die kollig

Namibië loods môre sy publikasie "National Outlook on Indigenous and Local Knowledge of Biodiversity" om inheemse kennis formeel in nasionale bewaringsraamwerke te integreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Kombada Mhopjeni, die landprogrambeampte vir Natuurwetenskap by Unesco gepraat, wat sê die publikasie evalueer die huidige stand van inheemse kennis en beklemtoon…
8 Jul 11AM 1 min

Staatsprokureurs spring om Job se aansoek af te weer

Die staatsprokureurs het dokumente aan alle lede van die Nasionale Vergadering vrygestel wat die president se getekende aanbevelings bevat vir die aanstelling van die voorsitter en kommissarisse van die Verkiesingskommissie. AR-leier Job Amupanda het die ontwikkeling verwelkom, maar bygevoeg dat sy regspan steeds die dokumente hersien. Dit kom na Amupanda…
8 Jul 10AM 1 min