Voorkoms van aborsie-pille wek kommer

Loading player...
NamPol het volgens sy dwelmverslag vir Maart 16 aborsie-tablette gekonfiskeer, terwyl daar in Februarie 50 tablette gekonfiskeer is. Dit is nie bekend in watter die streke die tablette gekonfiskeer word en waar dit gekonsentreerd is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die konserwatiewe aktivis en pastoor, dr. Shirley Magazi, gepraat.
16 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gaping tussen klaskamerleer en arbeidsmark

Met die gradueringseisoen in volle swang, bly die ontnugterende vraag oor wat ná die vieringe kom. Die Asoli Progressive Party waarsku teen 'n groeiende krisis, aangesien duisende gegradueerdes die universiteit verlaat net om werkloosheid in die gesig te staar. Kosmos 94.1 Nuus het met partyleier Josef Kauandenge gepraat wat sê…
16 Apr 3AM 1 min

Gauteng-owerhede bied nie oplossings vir geweldsmisdaad nie

Die DA sê inwoners van Gauteng leef in vrees met geweldsmisdaad wat steeds in die provinsie toeneem. Volgens die party weerspieël onlangse skietvoorvalle en ander gewelddadige voorvalle in verskeie gebiede, insluitend Johannesburg, Westbury, Soweto en Boksburg, 'n ineenstorting van wet en orde. Michael Sun van die DA sê gemeenskappe word…
16 Apr 3AM 1 min

Cran brei toegang tot netwerk uit

Cran het 'n belegging van 42,1 miljoen Namibiese dollar onder Fase 2 van die Universele Diensfonds aangekondig om digitale toegang in landelike gemeenskappe uit te brei. Die projek sal nege nuwe netwerktorings in die Karas, Kavango-Wes, Kunene, Ohangwena en Oshikoto-streke oprig. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano sê tot dusver is 39 persent…
16 Apr 3AM 1 min

Britse LP stoei teen 'no sex please, we're British'

Die herrie is los in Brittanje met die Arbeider-LP Samantha Niblett wat ‘n nuwe veldtog rakende seksopvoeding van stapel gestuur het, en nou wil sy ‘n reeks seksspeelgoed na die Parlement te bring as deel daarvan. Die leier van die Konserwatiewe Party Kemi Badenoch het fel kritiek teenoor Niblett gelewer…
16 Apr 3AM 1 min

Rasgebaseerde beleid beperk Starlink - Solidariteit

Solidariteit sê Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide beperk toegang tot bekostigbare internet, veral in plattelandse en onderbediende gemeenskappe. Die vakbond voer aan beperkings verbonde aan swart ekonomiese bemagtiging en lisensiëringsreëls, vertraag die bekendstelling van dienste soos entrepreneur Elon Musk se Starlink. Dirk Hermann van Solidariteit sê miljoene mense bly uitgesluit van…
16 Apr 2AM 1 min