Rasgebaseerde beleid beperk Starlink - Solidariteit

Loading player...
Solidariteit sê Suid-Afrika se rasgebaseerde beleide beperk toegang tot bekostigbare internet, veral in plattelandse en onderbediende gemeenskappe. Die vakbond voer aan beperkings verbonde aan swart ekonomiese bemagtiging en lisensiëringsreëls, vertraag die bekendstelling van dienste soos entrepreneur Elon Musk se Starlink. Dirk Hermann van Solidariteit sê miljoene mense bly uitgesluit van die digitale ekonomie weens hoë koste en swak netwerkdekking:
16 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lüderitz ontvang N$28m hupstoot

Lüderitz het sy grootste buitelandse direkte belegging ter waarde van 1,5 miljoen euro, sowat 28 miljoen Namibiese dollar, deur VNG International, 'n internasionale samewerkingsagentskap van die Vereniging van Nederlandse Munisipaliteite, verseker. Die ondertekeningseremonie het in Windhoek plaasgevind tydens die Namibië-EU-sakeberaad 2026 verlede week, onder leiding van die voorsitter van die…
18 May 5AM 1 min

Tshwane betaal jaarliks R30m aan geskorste amptenare

Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya het kommer uitgespreek oor die 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die metro jaarliks aan geskorste amptenare, waarvan baie senior bestuurders is, se salarisse bestee. Sy het aan eNCA gesê die geld word betaal aan senior amptenare wat geskors is in verband met die Rooiwal-watersuiweringsaanleg se tenderskandaal en…
18 May 5AM 1 min

March and March moet Nigerië vereer - aktivis

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die organiseerders van die March and March-veldtog gevra om Nigerië te vereer vir sy ondersteuning tydens die anti-apartheidstryd. Nigerië het finansiële hulp, beurse en politieke solidariteit tydens die bevrydingsera verskaf en moet erken word vir sy bydrae tot demokrasie. Makaneta het die beweging, wat aktief…
18 May 3AM 1 min