
Gauteng moet BKS-plan skep - DA
Loading player...
Die DA in Gauteng het 'n mosie in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê om die uitwerking van bek-en-klouseer op boere en voedselsekerheid te bespreek. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, eis 'n duidelike inentingsplan en 'n openbare inligtingspaneelbord om gevalle op te spoor. Die mosie versoek ook die LUR, Vuyiswa Ramakopga, om deursigtigheid verbeter. Engelbrecht is aan die woord:

