SA-mynbousektor groei goed, op jaargrondslag

Loading player...
Volgens FNB het Suid-Afrika se mynbousektor sterk groei in Februarie aangeteken, met 'n styging op 'n jaargrondslag van 9,7-persent. Die toename is hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp styging in die produksie van platinumgroepmetale, tesame met winste in chroom, mangaan en goud. Die ekonoom, Thanda Sithole sê hoewel produksie maandeliks gegroei het, het die sektor steeds 'n effense afname oor die afgelope drie maande getoon:
15 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ogilvy, The Collective bevorder plaaslike sport

Ogilvy Namibia het 'n vennootskap met The Collective aangegaan om sport in Namibië te bevorder deur spelers en afrigters te ondersteun. Dit is 'n gesentraliseerde platform om spelers landwyd profesioneel te bestuur en sodoende beleggings in Namibiese sport in te vorder. Tydens die bekendstelling van die program het Hanjo de…
15 Apr 10AM 1 min

Orano-aanleg toe weens swaelopbloei, waterbeperkings geld

Inwoners van Swakopmund en nabygeleë gebiede moet gereed te maak vir wateronderbrekings nou en dan, met NamWater wat aangekondig het dat 'n swaelopbloei die Orano-ontsoutingsaanleg van baan gedwing het. Tydelike waterbeperkings is nou in plek om beperkte voorrade te beskerm en billike verspreiding te verseker. NamWater-woordvoerder Lot Ndamanomhata:
15 Apr 10AM 1 min

Ja, toeroperateurs verbied by Dooievlei: ministerie

Die omgewingsministerie het die besluit herbevestig om toeroperateurs te verbied om toegang tot die Dooievlei-gebied by Sossusvlei te verkry. Elly Hamunyela, die ministerie se direkteur van wetenskaplike dienste, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat selfry-toeriste en Namibiese toeroperateurs vanaf 1 Mei nie meer verby die 2x4-parkeerarea toegelaat sal word…
15 Apr 10AM 1 min

Chevron gaan nog 'n eksplorasieput in Oranje-kom boor

Die Amerikaanse energiemaatskappy Chevron het aangekondig dat hy later vanjaar nog 'n eksplorasieput in die Oranje-kom sal boor. Landbestuurder Beatrice Bienvenu het vanoggend by die Namibië Internasionale Energiekonferensie gesê die maatskappy beoog om sy bedrywighede in Namibië verder uit te brei. Chevron bedryf tans twee eksplorasieblokke in die land, PEL…
15 Apr 10AM 1 min

Staat vra minstens 7 jaar tronkstraf vir Malema

Staatsaanklaer Joel Cesar verwerp die versoek van EFF-leier Julius Malema se regsverteenwoordiger vir 'n vonnis sonder gevangenisstraf en sê hy is 'n parlementslid wat gekies het om die wet te oortree. Hy het in die Landdroshof in KuGompo City in die Oos-Kaap gesê Malema se optrede stuur 'n gevaarlike boodskap…
15 Apr 9AM 1 min