Duitsland staan SA by met billike energie-oorgang

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Duitsland het sy steun vir Suid-Afrika binne die raamwerk van die Billike Energie-oorgangsvennootskap versterk. Duitsland het ingestem om Suid-Afrika 'n nuwe konsessie-klimaatlening van 3,8-miljard-rand toe te staan, wat beleggings in die land se kragnetwerk en hernubare energievermoë sal ondersteun. Lamola sê die lening ondersteun die land se voortgesette nastrewing van meer ambisieuse klimaatsteikens:
14 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxibaas lig spesialis-moordenaars in bedryf uit

Die taxibaas Joe "Ferrari" Sibanyoni sê die Shongwe-kommissie het bevind slagoffers van taxiverwante geweld in Gauteng is met hoëkalibergewere en ander vuurwapens doodgeskiet. Sibanyoni het voor die Madlanga-kommissie getuig die wapens is soortgelyk aan dié wat staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die polisie gebruik. Hy sê die kommissie…
28 Aug 11AM 1 min

Nasionale Raad sluit suksesvolle sitting af

Die tweede gewone sitting van die 7de Nasionale Raad, wat op 17 Augustus begin het, het vandag afgesluit en gaan in reses. Die derde sessie is vir 30 November geskeduleer. Tydens die pas afgelope sitting het die Huis die Wet op Geestesgesondheid aangeneem en verskeie verslae van parlementêre komitees en…
28 Aug 11AM 1 min

Unie sê digitale geld moet vir informele handelaars ook werk

Die Namibiese Informele Handelaars- en Shebeenwerkersunie verwelkom die Sentrale Bank se plan om digitale geld vir selfoongebruikers teen Junie volgende jaar in te stel. Dit is daarop gemik om finansiële insluiting uit te brei, kitsbetalings te verbeter en die informele ekonomie te formaliseer. Die unie sê egter dat behoorlike konsultasie…
28 Aug 10AM 1 min

Hoekom is NNN se aansoek vir Auasblick-grond 'privaat'?

Opposisieraadslede by die Stad Windhoek eis regsduidelikheid oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se private aansoek om munisipale grond in die Auasblick-voorstad te bekom. Die aansoek, gedateer 21 Mei, dien nou voor die stadsraad en dek ses erwe van ongeveer 1,8 hektaar. Tydens Donderdagaand se gewone raadsvergadering het AR-raadslid Kavetu Maitjituavi bevraagteken…
28 Aug 10AM 1 min

Hoër dieselpryse 'sal tot hoër koste, inflasie lei'

Reaksie word ontvang op die brandstofpryse wat op 2 September sal styg. Petrol sal met 60 sent per liter styg, terwyl beide grade diesel met 1 dollar en 60 sent per liter sal styg. Almandro Jansen, ekonoom van Simonis Storm, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die skerp styging…
28 Aug 10AM 1 min