Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Loading player...
Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motor bots met olifantkalf buite Uis

Inligting is nog skraps na ‘n ongeluk waar ‘n voertuig ‘n olifantkalf getref het ongeveer 4 kilometer buite Uis. Die trop diere is volgens oproerig en die kalf het beserings opgedoen. Die omgewingsministerie se woordvoerder Vilho Hangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
11 May 4AM 1 min

Steun vir rampbestuurspanne broodnodig in SA, sê nasionale sentrum

Die Nasionale Rampbestuursentrum het al drie regeringsvlakke versoek om hul steun vir rampbestuurspanne te verskerp en gebeurlikheidsmaatreëls te versterk. Dit volg nadat die ongunstige weerstoestande in sommige provinsies as 'n nasionale ramp geklassifiseer is, weens stortreën, storms en skadelike wind in die Wes-Kaap, Noordwes, Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Mpumalanga. Thabo…
11 May 4AM 1 min

DA sê Franse lening aan Transnet is goeie ding

Die DA verwelkom die aankondiging van 'n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal…
11 May 3AM 1 min

Starmer skop vas te midde van oproepe dat hy bedank

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die jongste verkiesingsuitslae het nie sy vasberadenheid geraak om sy beloftes aan die Britse publiek na te kom nie, maar versterk dit eerder. 'n Aantal lede van die Arbeidersparty in die parlement eis sy bedanking ná 'n reeks rampspoedige uitslae in plaaslike verkiesings…
11 May 3AM 1 min

'ANC het geen respek vir Grondwet nie'

Die Activists and Citizens Forum sê die ANC-lede in die Parlement het die waardes, beginsels en missie van die party versaak. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal is weereens 'n bewys dat die ANC geen respek het vir die Grondwet van…
11 May 3AM 1 min