
Handelsbalans-tekort skiet op na N$5,2 miljard in Februarie
Loading player...
Volgens die jongste data het Namibië se handelsbalans, die verskil tussen die land se uitvoere en invoere, 'n tekort van 5,2 miljard Namibiese dollar in Februarie aangeteken. Dit weerspieël 'n merkbaar verswakte handelsbalans in vergelyking met 'n surplus van 198 miljoen dollar in Januarie. Die Namibië Statistieke-agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, sê die tekort was 2,1 miljard dollar in Februarie 2025 verlede jaar.

