Twee Oseane-marathon lok meer as 30 000 atlete

Loading player...
Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete gaan na verwagting die naweek deelneem aan die Twee Oseane-marathon. Atlete spring Saterdag weg in die ikoniese ultra-marathon oor 56-kilometer. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Sondag se halfmarathon oor 21,1-kilometer neem deelnemers op ʼn roete deur die suidelike voorstede en eindig op die Universiteit van Kaapstad se rugbyveld:
8 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GOOD kritiseer Stad Kaapstad wat die voer van voëls wil beheer

In Suid-Afrika het die GOOD-party die Stad Kaapstad se voorgestelde toepassing van verordeninge oor die voer van voëls in agterplase as oormatige staatsinmenging veroordeel. Sekretaris-generaal Brett Herron sê dit gaan oor 'n stad wat voortdurend persoonlike aangeleenthede wil beheer en telkens nuwe regverdiging daarvoor vind. Hy voeg by Kapenaars is…
9 Jul 11PM 1 min

Betoging teen Kavango Link-pyplyn

Die Kavango People's Forum gaan op 17 Julie teen die voorgestelde 7 miljard Namibiese dollar Kavango Link-waterpyplyn betoog. Die projek sal behels dat water uit die Okavangorivier onttrek word en per pyplyn na Grootfontein herlei word, en van daar na die sentrale gebiede. Die forum se voorsitter, Patrick Kashera, het…
9 Jul 11PM 1 min

Kamer van Mynbou loods Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie

Die Kamer van Mynbou het die 13de Namibië Mynbou-ekspo en -konferensie van stapel gestuur, wat van 4 tot 6 Augustus by die Windhoek-skougronde sal plaasvind. Uitvoerende hoof Fabian Shaanika het aangekondig dat vanjaar se tema is “Van dialoog tot lewering: Evaluering van vordering in die skep van mynbou-geleide ekonomiese groei…
9 Jul 11AM 1 min

Dink langtermyn vir finansiële stabiliteit

Terwyl ekonomiese onsekerheid huishoudings en besighede bly toets, doen welvaartkenners ’n beroep op Namibiërs om verder as korttermynwinste te kyk. Veruscka Gertze, welvaartbestuurder by Old Mutual, sê langtermyn finansiële denke, gebou op dissipline, konsekwentheid en noukeurige risikobestuur, bly een van die sterkste grondslae vir blywende finansiële stabiliteit.
9 Jul 11AM 1 min