Sandhof-lelies staan geil, gaan kyk vinnig!

Loading player...
Die Sandhof-lelies is in volle blom na die pan aan die buitewyke van Maltahöhe goeie reën ontvang het. Daar is steeds kans tot Vrydag die week om die skouspel te aanskou. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die Maltahöhe Hotel, Marike Raves, gesels.
7 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dagga-aktivis sê oor pad vorentoe na hofverlies

Reaksie word ontvang van dagga-aktiviste Borro Ndungula en Brian Jaftha nadat hulle 'n hofsaak verloor het in poging om daggagebruik te dekriminaliseer. Regter Philanda Christiaan het beslis dit is 'n beleidskwessie en die saak is van die rol verwyder. 'n Mosie daaroor sal nou in die Nasionale Vergadering ter tafel…
10 Jul 12AM 1 min

IPC verklaar Sindano-kwessie as ongrondwetlik

Die parlementêre herrie oor die sogenaamde aanstelling van Gerson Sindano as voorsitter van die verkiesingskommissie duur voort. Behalwe dat AR-leier Job Amupanda bevestig het sy hofdokumente is voorberei en sal vandag ingedien word, sê IPC-leier Panduleni Ithula, president Netumbo Nandi-Ndaitwah se dokument rakende Sindano is nie in lyn met die…
10 Jul 12AM 1 min

Versigtig met vennootskappe in China, maan LPM

China het sy sakegemeenskap en beleggers gemobiliseer om Namibië se industrialiseringsdoelwit te ondersteun met vennootskappe in nywerheidsontwikkeling en beleggings in waarde-toevoeging. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek het sakeleiers van China en Namibië in Guangzhou byeengekom vir die Guangdong-provinsie se sakeforum. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry by die LPM…
10 Jul 12AM 1 min

GOOD kritiseer Stad Kaapstad wat die voer van voëls wil beheer

In Suid-Afrika het die GOOD-party die Stad Kaapstad se voorgestelde toepassing van verordeninge oor die voer van voëls in agterplase as oormatige staatsinmenging veroordeel. Sekretaris-generaal Brett Herron sê dit gaan oor 'n stad wat voortdurend persoonlike aangeleenthede wil beheer en telkens nuwe regverdiging daarvoor vind. Hy voeg by Kapenaars is…
9 Jul 11PM 1 min