As kragtariewe styg, hoe gaan NamPower sy skuld invorder?

Loading player...
NamPower ondervind probleme om meer as 909 miljoen Namibiese dollar in skuld van grootmaatkliënte in te vorder. Intussen vra die nutsmaatskappy vir ‘n verhoging van 8,4 persent in tariewe by die Elektrisiteitsbeheerraad. Dit het tot kritiek gelei met menings dat die wat wel rekenings betaal gestraf word terwyl debiteure oorgesien word. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner Harald Schütt gepraat. Hy waarsku dat met die tariefverhogings wat aangevra word, nog minder in staat sal wees om die skuld te vereffen.
7 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rise vra bespoediging van klaring en leefstyloudits vir SAPD

Rise Mzansi vra dringende optrede om die klaringsproses en leefstyloudits van senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bespoedig. Volgens die party is die proses te stadig ten spyte van bewyse voor die Madlanga-kommissie wat toon dat misdaadnetwerke die polisie binnegedring het. Makashule Gana van Rise Mzansi het die verlenging…
10 Jul 2AM 1 min

PDM skop ook vas teen Sindano

Tydens 'n gesamentlike perskonferensie gehou deur opposisiepartye in die hoofstad, het die leier van die PDM, McHenry Venaani ook twyfel uitgespreek oor of Gerson Sindano 'n gepaste kandidaat is vir die pos van voorsitter van die Namibiese Verkiesingskommissie. Venaani sê sy pos as assistent vir destydse Swapo sekretaris-generaal Nangolo Mbumba,…
10 Jul 2AM 1 min

VN waarsku oor hervatting van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die hervatting van aanvalle en teenaanvalle tussen Amerika en Iran kan die diplomatieke vordering sedert die skietstilstand in April aangekondig is, ongedaan maak. Amerika het hierdie week meer as 150 teikens in Iran getref waarin 14 mense dood is. Teheran het Amerikaanse…
10 Jul 1AM 1 min

Solidariteit sê GNU wil beheer oor groot rugbytoer neem

Die vakbond Solidariteit het 'n voorstel deur die minister van Handel, Parks Tau, gekritiseer, om Rugby's Greatest Rivalry 2026-toer as 'n beskermde geleentheid te verklaar. Die vakbond meen die stap kan regeringsbeheer oor privaat sportgeleenthede verhoog deur verkrygingsvereistes in te stel en koste vir organiseerders by te voeg. Theuns du…
10 Jul 1AM 1 min