Vermiste helikopter in Krugerwildtuin gevind

Loading player...
ʼn Helikopter met vier mense wat Maandag in die Krugerwildtuin vermis geraak het, is gevind. Die tuig het ʼn vlieënier, twee polisie-speurders en ʼn omgewingsmisdaad-ondersoeker aan boord gehad. Die helikopter het verdwyn tydens ʼn ondersoek nadat ʼn karkas gevind is. Polisiewoordvoerder Donald Mdhluli sê hulle het weens swak sigbaarheid in 'n afgeleë gebied land. Hulle het besluit om te stap, maar moes deur digte bosse beweeg. Niemand is beseer nie:
7 Apr 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rise vra bespoediging van klaring en leefstyloudits vir SAPD

Rise Mzansi vra dringende optrede om die klaringsproses en leefstyloudits van senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bespoedig. Volgens die party is die proses te stadig ten spyte van bewyse voor die Madlanga-kommissie wat toon dat misdaadnetwerke die polisie binnegedring het. Makashule Gana van Rise Mzansi het die verlenging…
10 Jul 2AM 1 min

PDM skop ook vas teen Sindano

Tydens 'n gesamentlike perskonferensie gehou deur opposisiepartye in die hoofstad, het die leier van die PDM, McHenry Venaani ook twyfel uitgespreek oor of Gerson Sindano 'n gepaste kandidaat is vir die pos van voorsitter van die Namibiese Verkiesingskommissie. Venaani sê sy pos as assistent vir destydse Swapo sekretaris-generaal Nangolo Mbumba,…
10 Jul 2AM 1 min

VN waarsku oor hervatting van oorlog

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die hervatting van aanvalle en teenaanvalle tussen Amerika en Iran kan die diplomatieke vordering sedert die skietstilstand in April aangekondig is, ongedaan maak. Amerika het hierdie week meer as 150 teikens in Iran getref waarin 14 mense dood is. Teheran het Amerikaanse…
10 Jul 1AM 1 min

Solidariteit sê GNU wil beheer oor groot rugbytoer neem

Die vakbond Solidariteit het 'n voorstel deur die minister van Handel, Parks Tau, gekritiseer, om Rugby's Greatest Rivalry 2026-toer as 'n beskermde geleentheid te verklaar. Die vakbond meen die stap kan regeringsbeheer oor privaat sportgeleenthede verhoog deur verkrygingsvereistes in te stel en koste vir organiseerders by te voeg. Theuns du…
10 Jul 1AM 1 min