McKenzie betreur afsterwe van Ladysmith Black Mambazo se Mazibuko

Loading player...
Die buurland se kultuurminister, Gayton McKenzie, sê die dood van ʼn lid van die wêreldberoemde Ladysmith Black Mambazo is ʼn verlies vir Suid-Afrika en die musiekbedryf. Die 77-jarige Albert Mazibuko, wat meer as vyf dekades lank die ikoniese groep se sanger was, is Sondag oorlede. McKenzie se woordvoerder, Zimasa Velaphi, sê Mazibuko was die bewaker van ʼn uitsonderlike Suid-Afrikaanse klank wat internasionaal weerklink en mense verenig het:
7 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Namibië op hoë gereedheidsgrondslag ná uitbreking in Zambië

Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag na 'n bek-en-klouseer uitbreking in die suide van Zambië bevestig is. Die Direktoraat Veeartsenykundige Dienste het 'n streng voorbereidingsstrategie versnel wat gefokus is op hoëfrekwensie-inentings oor die noordelike kommunale gebiede. Grensbeheer is aansienlik verskerp, met streng invoerbeperkings, verpligte voertuigontsmetting en die ontplooiing van bykomende veeartsenykundige…
2 May 6AM 1 min

Ramaphosa vol vertroue oor Madlanga-kommissie

President Cyril Ramaphosa sê hy is gereeld in kontak met die Madlanga-kommissie se voorsitter, Mbuyiseli Madlanga, oor sy vordering met die ondersoek na vermeende politieke inmengery by die regstelsel. Ramaphosa sê tydlyne is vasgestel en effens verleng, met voortgesette besprekings van die kommissie se behoeftes. Hy sê hy het vertroue…
2 May 5AM 1 min

Cosatu veroordeel afleggings in SA

Die president van Cosatu, Zingiswa Losi, het werkgewers veroordeel wat voortgaan met afleggings in die huidige ekonomiese klimaat, namate werkskaarste en stygende werkloosheid toeneem. Losi het Vrydag tydens Werkersdagvieringe by die Ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, gewaarsku dat werkverliese ongelykheid verdiep, en beklemtoon dat dringende ingryping nodig is om…
2 May 4AM 1 min

Tegnologie 'n móét vir volhoubaarheid van visbedryf

Belangehebbendes in die visbedryf moet verantwoordelike visvangpraktyke bevorder, aangesien die sektor toenemende uitdagings in die gesig staar, sê visseryeminister Inge Zaamwani. Sy het Vrydag tydens die 19de jaarlikse Lüderitz-kreeffees kommer uitgespreek oor oorbevissing en klimaatsverandering. Zaamwani het beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om volhoubaarheid, voedselveiligheid en werkskepping te verseker, en…
2 May 3AM 1 min

Vakbonde moet groter rol speel, sê NNN

Vakbonde moet hul rol vergroot deur nie net billike lone en beter werksomstandighede te onderhandel nie, maar ook deurlopende opleiding, heropleiding en opknapping van vaardighede vir werkers te prioritiseer, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy het Vrydag tydens Werkersdagvieringe op Opuwo die belangrikheid van samewerking tussen werkers, werkgewers en vakbonde beklemtoon…
2 May 2AM 1 min