Monarch doen weer 'n beroep op veiligheid na liggaam uitspoel

Loading player...
Die liggaam van die man wat Dinsdag van die jetty op Swakopmund afgespring en verdrink het, is Sondag opgespoor. Nikodemus David, ‘n 32-jarige Namibiër, het suid van die jetty naby die mond van die Swakoprivier uitgespoel, waar dit deur verbygangers opgemerk is. Monarch Lifeguards, wat deel van die soektog was, se Martin Muyenga deel 'n waarskuwing aan inwoners om meer versigtig te wees.
7 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenkamp gee oorsig oor tersiêre instellings se inskrywings

Die Nasionale Vergadering is tans besig met begroting motiverings. Die minister van Onderwys het tydens haar begroting die verwagtinge vir universiteitsinskrywings uiteengesit. Volgens haar sal daar ook minder werkloosheid wees onder gegradueerdes. Dr. Sanet Steenkamp is aan woord.
7 Apr 2AM 1 min

Iran verwerp skietstilstand-plan van VSA

Iran se ministerie van Buitelandse Sake het die voorstel van 'n tydelike skietstilstand verwerp en sê dit sal die VSA en Israel in staat stel om voor te berei vir die voortsetting van die oorlog. Bemiddelaars van Egipte, Pakistan en Turkye het, na wat berig word, 'n skietstilstand van 45…
7 Apr 2AM 1 min

Artemis-ruimtevaarders stel rekord op

Die vier ruimtevaarders aan boord van NASA se Artemis 2-toetsvlug om die maan het geskiedenis gemaak deur dit verder van die Aarde af te waag as enigiemand ooit tevore, en die 1970-rekord wat deur Apollo 13 opgestel is, te verbeter. Gedurende 'n ses uur lange verbyvlug het die bemanning van…
7 Apr 1AM 1 min

SAPD-kaptein vas vir bedrog van miljoene

ʼn Drie-en-vyftigjarige kaptein in die Beskermings- en Sekuriteitsdienste is weens beweerde bedrog in hegtenis geneem. Hy is aangekeer ná ʼn interne ondersoek onder goedkeuring van die Afdeling vir Finansiële Bestuursdienste nadat die Polfin-stelsel verdagte transaksies opgemerk het. Die nasionale polisie-woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die beampte wat toegang tot die finansiële…
7 Apr 1AM 1 min

Suide kan die week nog neerslae verwag

Die reënseisoen is steeds aan die gang, maar die verwagtinge vir verdere reën ná April is skraal. Volgens weerkenners kan Namibiërs steeds gedurende April reën verwag, met die Noorde wat goeie reën kan ontvang. In die korttermyn, veral die week, word goeie neerslae vir die verre Suide verwag. Kosmos 94.1…
7 Apr 1AM 1 min