Itula onkant gevang deur NNN se nuwe adjunkministers

Loading player...
Die amptelike opposisie, die IPC, het kritiek gelewer teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om haar kabinet te vergroot deur 8 nuwe adjunkministers aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-president Panduleni Itula gesels, wat sê hy was onkant betrap deur Donderdag se aanstellings, veral omdat Nandi-Ndaitwah aanvanklik gelyk het of sy gaan werk om die regering se loonrekening te verminder, wat tans op meer as 40 miljard Namibiese dollar staan.
5 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Munisipaliteite moet hulself regruk, inwoners ly

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê wetsoortreding kan nie oorgesien word om gemeenskappe teen die uitwerking van swak finansiële bestuur te beskerm nie. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie Julie se befondsing aan 69 munisipaliteite teruggehou het weens finansiële wanbestuur en…
10 Jul 4AM 1 min

Groenwaterstof mik hoog

Volgens Joseph Mukendwa, die waarnemende hoof van die Groenwaterstofprogram, het Namibië die potensiaal om groenwaterstofprodukte uit te voer as deel van die land se kommoditeit-uitvoere. Hy het tydens die bekendstelling van die plaaslike projek deur die Global Environment Facility in samewerking met VN se Industriële Organisasie gepraat.
10 Jul 4AM 1 min

Strafregtelike klag teen Dimpane gelê

Die organisasie, Public Interest SA, het ʼn strafregtelike klag by die Valke ingedien teen die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, oor die moontlike oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se omstrede Medicare24-kontrak van 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Public Interest SA se…
10 Jul 3AM 1 min

Aanlyn bieëry doen nie veel vir deursigtigheid nie

Die Sentrale Verkrygingsraad het Woensdag vir die eerste keer 'n bodopening regstreeks uitgesaai. Volgens die raad sal alle bodopeninge nou so uitgesaai word, vir deursigtigheid. Die eerste regstreekse uitsending was vir die grootskaalse grondwerke, 'n waterreservoir en grootskaalse interne dienste vir die Windhoek Distrik Hospitaal wat in Havana in die…
10 Jul 3AM 1 min

Rise vra bespoediging van klaring en leefstyloudits vir SAPD

Rise Mzansi vra dringende optrede om die klaringsproses en leefstyloudits van senior amptenare in die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bespoedig. Volgens die party is die proses te stadig ten spyte van bewyse voor die Madlanga-kommissie wat toon dat misdaadnetwerke die polisie binnegedring het. Makashule Gana van Rise Mzansi het die verlenging…
10 Jul 2AM 1 min