
ANC 'oop' vir ander politieke maatjies
Loading player...
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC bly oop vir samewerking met politieke partye wat daartoe verbind is om Suid-Afrika te dien. Hy het ná 'n Goeie Vrydag-diens wat gister deur die Amandla Ngawethu Universal Church by Ellis Park-stadion in Johannesburg aangebied is, met die media gepraat. Mashatile het beklemtoon dat die moontlikheid om met partye soos die EFF en MK-party in die regering van nasionale eenheid saam te werk, altyd oop sal bly:

