
Krieket: R15m vir opgraderings aan Nuweland, Bolandpark
Loading player...
Die Wes-Kaapse regering het 15 miljoen rand toegewys vir die opgradering van die Nuweland-krieketveld en Bolandpark in die Paarl voor die 2027-Krieketwêreldbekertoernooi vir mans. Ooreenkomste is met krieketinstansies onderteken om befondsing af te handel. Die LUR, Ricardo Mackenzie, sê die belegging sal 'n hupstoot wees vir die ekonomie en werksgeleenthede, terwyl wêreldklasfasiliteite verseker word vir spelers, amptenare en ondersteuners tydens die toernooi:

