
Landbou kritiek in vloedgeteisterde Zambezi
Loading player...
Oorstromings in die Zambezi-streek het ’n verwoestende impak op boerderygemeenskappe. Baie boere het reeds groot gedeeltes van hul oeste verloor, terwyl ander steeds in gevaar verkeer namate watervlakke aanhou styg en kommer oor voedselsekerheid toeneem. Regeringsamptenare, insluitend stedelike en landelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het Vrydag die weermag tydens ‘n lugopname vergesel om die omvang van skade aan plase en vee te bepaal. Sankwasa het die situasie in Mbalasinte en Kasika as kritiek beskryf en gesê regeringsingryping is dringend nodig. Hy het met die NBC gepraat:

